Gelyke kans

Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799373615
R 240
Nadat haar kinders uit die huis is, het Jessica de Lange haar hart en siel in haar nuwe oudhedebesigheid gestort. Haar lewe het weer rigting en betekenis gehad. Die toekoms saam met Anton, haar man van baie jare, het rooskleurig gelyk, maar toe ruk Anton die mat onder haar voete uit: Daar is iemand anders in sy lewe, en Jessica moet opsy staan.
Verward, gekrenk en verneder vlug sy na hulle strandhuis, om haar wonde te gaan lek, en haar toekoms alleen in oënskou te neem. 'n Onverwagse ontmoeting met 'n jeugliefde ontspoor haar egter weer. Tussen haar en Joe vat 'n passie vlam wat al die jare smeulend bly lê het. Maar Jessica weet sy moet eers die vorige hoofstuk in haar lewe afsluit, dat sy eers 'n egskeiding moet kry voordat sy en Joe enige kans op geluk kan hê. Intussen begin Anton se verhouding met die jonge Esmie krakies wys. Dis 'n bestiering toe hy 'n vergete kontrak, wat hy en Jessica jare gelede gesluit het, tussen hulle persoonlike dokumente vind. Dit stipuleer dat hulle mekaar nog 'n kans sal gee indien een van hulle iemand anders sou vind. Anton besef hy het die grootste fout van sy lewe gemaak, en hy pleit dat Jessica hulle ou kontrak sal eer. Jessica stem huiwerig in, maar sy bly wonder of daar hoegenaamd nog iets is om te red?
Sal sy ooit weer vir Anton kan vertrou? Bowenal - het sy hom ooit werklik liefgehad?
Publikasiedatum: 2015-03-01

© All Rights Reserved 2017
A Product of CEIT Development