Weskuskos

Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781868422807
R 250
Weskuskos bied 'n verskeidenheid eenvoudige, dog heerlike geregte, eie aan die Suid-Afrikaanse Kaapse Weskus, maar enersyds onlosmaaklik verweef met die geskiedenis en lewens van haar gemeenskappe. Toegevoeg tot die vanselfsprekende seekosgeregte, is nog smaaklikhede - van eenvoudige sop tot feestelike nageregte en verrassings vir 'onweersdae'. Soos baie ander vissersgemeenskappe, werk pelagiese vissermanne aan die Suid-Afrikaanse Kaapse Weskus vir fabrieke en word slegs op kommissiebasis betaal. Aangesien visvang tot seisoene beperk is en mans normaalweg die broodwinners is, is armoede 'n algemene gesig. In 1994 is 'n visvangkwota in Suid-Afrika ingestel om die visbedryf deur werkskepping en bemagtiging van eens gemarginaliseerdes, te hervorm. Vir Katie Prezens, Jane Solomon en haar suster, Suzanne, almal van Hopefield, was die kwotastelsel 'n uitkoms uit hul sukkelbestaan. In 1996 is die maatskappy vir die vroue en weduwees van pelagiese vissermanne, die Bergrivier Vissersvrouevereniging, geregistreer en het hulle om 'n kwota aansoek gedoen.Die kwota is toegestaan, maar weens 'n gebrek aan eie bote, moes 'n vismaatskappy namens hulle die kwota vul, waarvoor hulle dan 'n persentasie van die 'vangs' moes afstaan. Selfs met die klein inkomste, was hulle in staat om daardie geld in meer ekonomies-uitvoerbare projekte te stort. Die Bergrivier Vissersvrouevereniging bestaan uit lede van gebiede langs die Weskus wat verskeie strategiee aan die dag le om die volhoubaarheid van hul gemeenskap te bevorder. Weskuskos verteenwoordig een so 'n projek en word beskou as 'n manier om die geskiedenis van die mense van die Weskus aan te teken en hul trots en waardigheid aan hulle terug te gee. Ongelukkig is die maatskappy ontbind na die boek se eerste uitgawe. Oor geslagte heen was die Weskusmense bekend as 'n vissersgemeenskap, maar as gevolg van kommersialisering, staar hulle nou die einde van daardie tradisie in die gesig. Lewe aan die Weskus is onherroeplik verander en selfs kreef wat eens armmanskos was, is nou so skaars en gesog dat dit as rooi goud bekend staan.Daarom bring die Bergrivier Vissersvrouevereniging, onder leiding van Ina Paarman, vir ons Weskuskos - 'n versameling resepte, sommige uit vervloe dae, wat so saam met die sout van see en traan ontwikkel is. Ingesluit is onvergeetlike seekos en watertand braai-en vleisgeregte, sop wat jou na kleintyd laat verlang en iets vir die dag van more, want die mense aan die Weskus ken ook swaarkry en weet om vooruit te beplan. 'n Unieke kookboek bied ons 'n kykie in die lewe van die mense aan die Kaapse Weskus soos hulle hulself sien.
Publikasiedatum: 2014-03-01

© All Rights Reserved 2017
A Product of CEIT Development