Maaltye Sonder Moeite

Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

Uit druk uit

9781432302139

Nie-fiksie / Non-fiction: Kookboeke / Food & Drink

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Kookboeke / Food & Drink
R 240
R 192Jy spaar R 48
Maaltye sonder moeite is 'n Suid-Afrikaanse resepteboek wat op die hele familie gemik is. Die outeurs is daarvan bewus dat die lewe baie veeleisend vir 'n werkende mamma kan wees. Daarom het hulle resepte aangepas wat by babas, kleuters en die hele gesin aanklank sal vind. Slegs plaaslik beskikbare bestanddele word gebruik en 'n paar Suid-Afrikaanse gunstelinge is ingesluit. Die boek volg die selfspening-benadering en bevat nuttige voorstelle, asook inligting oor hoe om die oorgang van bors-/formulemelk na vaste kosse so maklik moontlik vir mammas en babas te maak. Daar is 'n volledige afdeling oor borsvoeding, asook die regte tydperk om met vaste kosse te begin. Die selfspening-metode stel voor dat die baba deel word van etenstye en hulle vingerhappies vanuit die eetstoeltjie geniet terwyl die gesin eet. Maaltye sonder moeite bevat meer as 120 gesonde en maklike resepte wat alles van purées vir die baba, tot heerlike etes vir die hele gesin insluit.

Also available in English
Publikasiedatum: 2014-03-01

© All Rights Reserved 2017
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.