Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798169448

Nie-fiksie / Non-fiction: Kookboeke / Food & Drink

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Kookboeke / Food & Drink
R 465
R 89Jy spaar R 376
Bitter+soet vertel die verhaal van Mietha Klaaste wat op die plaas Keurkloof, in die omgewing van Robertson grootgeword het, soos oorvertel deur Niël Stemmet. Die verhaal neem ons terug na daar waar Mietha se ma, Sarah, Oumies en Oubaas se huis skoonmaak en haar pa die voorman op die plaas is. Oumies en Oubaas se oudste seun, Jakobus, trou met sy nooi Marie, kom woon op die plaas en kort voor lank maak klein Daniël sy verskyning. Mietha word uit die skool gehaal om na hom om te sien - en daarmee begin 'n hegte verbintenis wat oor jare heen sou strek.
Die lief en leed van Mietha en Daniël word op kleurryke wyse vertel, met gedigte, rympies en liedjies toegelig, terwyl vergange dae se lekker resepte deel daarvan uitmaak. Die verhaal gee 'n kykie terug, maar ook vorentoe waar die toekoms met hoop gevul is.
Met meer as 60 resepte wat wissel van vetkoek, braaiboud, hoenderpastei, snoektert en tamatiebredie tot melktert en sagopoeding is hierdie 'n boek vir lekkerlees maar ook vir inspirasie en byderhand hou in die kombuis.
Publikasiedatum: 2018-02-20

© All Rights Reserved 2017
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.