n Hart vol sand

Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799366747

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 165
R 83Jy spaar R 82
Die gramadoelas. Die gatkant van die wêreld. Kepeke.
Jenna het geen idee waar dié Kalahari-dorpie sy naam vandaan kry nie, want die woord 'kepeke' beteken glo 'baie'. En hier is nie baie van enigiets nie. Behalwe sand. En klipperige grondpaaie. Hoe op aarde kon haar pa haar dwing om hierheen te trek? Selfs die ouens is vreemd.
Maar kort voor lank kom Jenna agter dat daar baie meer in Kepeke se stil stofstrate aangaan as wat sy aanvanklik vermoed het.
Watter onheilighede broei by Abdoel se kafee - en wat beteken die geheimsinnige boodskap wat hy vir haar op 'n stukkie papier skryf?
Sal Freek se droom om die dorp se erfenis te bewaar, ooit bewaarheid word?
Hoekom wil niemand 'n woord rep oor die dorp se jong meisies wat soms vir lang tye verdwyn nie?
En dan is daar die aantreklike Richard wat haar knieë lam maak - maar kan sy hom regtig vertrou?
'n Boeiende jeugroman wat enersyds 'n blik bied op die realiteite wat jong mense op 'n klein, plattelandse gemeenskap in die gesig staar, maar terselfdertyd ook 'n vermaaklike verslag is van 'n jong, bedorwe stadsmeisie se ervaring van eerste liefde en haar ontdekking van haar kulturele erfenis.
Publikasiedatum: 2015-04-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.