Hoezit 3 Die wonderwôreld van reptiele en amfibiee

Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799372854
R 80
Wat is die grootste en gevaarlikste reptiele op aarde?
Watter soort slang is die giftigste?
Hoe kry verkleurmannetjies dit reg om van kleur te verander?
Jy sal al die antwoorde in hierdie fantastiese feiteboek kry! Met 48 bladsye propvol prettige feite, volkleurfoto's en hope aktiwiteite, speletjies en kopkrappers waarmee jy die wonderwêreld van reptiele en amfibieë kan verken, is hierdie boek gewaarborg om jong diereliefhebbers te boei. Leer ken die reptiele en amfibieë se oeroupagrootjies, speel slangetjies-en-leertjies, leer speel-speel die giftigste slange ter wêreld ken, en ontmoet 'n paar van die vreemdste reptiele en amfibieë op aarde.
Hoezit! het die afgelope paar jaar 'n bekende naam op tydskrifrakke geword. Dié lekkerleestydskrif vir kinders is 'n nuttige vriend in die klaskamer. Die tydskrifformaat van Hoezit! het onlangs plek gemaak vir 'n interaktiewe webtuiste propvol inligting en vermaak. Die goeie nuus is dat LAPA Uitgewers nou Hoezit! in boekvorm uitgee - met splinternuwe temas en aktiwiteite wat perfek is vir skooltake en sal sorg vir ure se prettige vermaak by die huis.
Ander titels in die reeks
Hoezit! Die wonderwêreld van soogdiere
Hoezit! Walvisse en dolfyne
Publikasiedatum: 2015-03-01

© All Rights Reserved 2017
A Product of CEIT Development