Siembamba Immergroen rympies vir kinders

Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799370577
Illustreerder: Alzette Prins
R 230
Onthou jy nog immergroen Afrikaanse kinderrympies soos 'Trippe trappe trone', 'Allawiek, allawak, ons gaan pannekoek bak' en 'Tara-rara boemdery'?
Hierdie omvangryke, pragtig geïllustreerde versameling klassieke Afrikaanse rympies beloof ure se pret vir jonk en oud! Daar is bekende versies en minder bekendes, tergrympies en raaiselrympies, volksliedjies en lawwe sêgoed, aksierympies en tongknopers, gebedjies en slaaptydrympies.
Die samesteller, Wendy Maartens, sê sy is lankal pynlik bewus van die feit dat ons volksrympies en ouer verse vir die nuwe geslag verlore gaan. 'Ek het hierdie boek saamgestel vir elkeen wat met hierdie verse grootgeword het, sodat dit binne die bladsye van een bundel teen die hart gehou kan word. Nêrens, maar nêrens op ons winkelrakke is 'n boek met hierdie kosbaarhede nie. Dit hoort saam in een skatkis.'
Hierdie is beslis 'n moet-hê-boek vir elke Afrikaanse gesin.
Publikasiedatum: 2015-03-01

© All Rights Reserved 2017
A Product of CEIT Development