Dierehotel 2 Groot verrassing

Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

Uit druk uit

9780799366501
R 90
Die tweeling Liela en Dirkie het onlangs met 'n briljante plan vorendag gekom. Hulle het hul tante se afgeleefde hotel in 'n spesiale hotel vir diere omskep. Hulle kan nie wag om te sien watter gaste almal hul opwagting gaan maak nie. Die volgende kuiergas by die Dierehotel is 'n gestreepte grys kat genaamd Matilda. Maar Liela en Dirkie is bekommerd, want Matilda wil glad nie speel nie - sy wil net die heeltyd wegkruip en slaap. Wat op dees aarde is fout met haar? Intussen maak Kaptein die kokketiel moeilikheid tydens sy kuiertjie. Hy gaps die heeltyd kos uit die kombuis, en hy wil Matilda nie met rus laat nie. Is hy net stout, of weet hy dalk iets wat Liela en Dirkie nie weet nie? Die gewilde Pet Hotel-reeks is nou vir die eerste keer in Afrikaans beskikbaar. Jong diereliefhebbers sal versot wees op die tweeling se avonture in die Dierehotel. In elke boek maak daar 'n nuwe vierpotige of geveerde kuiergas sy opwagting in die hotel - en dit sorg vir hope opwinding. 'n Prettige, snaakse nuwe reeks vol oulike troeteldiere en lawwe avonture!
Publikasiedatum: 2014-03-01

© All Rights Reserved 2017
A Product of CEIT Development