Siener van Rensburg Boodskapper van God

Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781919728759

Nie-fiksie / Non-fiction: Biografie & Outobiografie / Biography & Autobiography

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Biografie & Outobiografie / Biography & Autobiography
R 395
R 316Jy spaar R 79
Die publikasie van Boodskapper van God 20 jaar gelede was nie net die eerste volledige biografie van die bekende Boereprofeet (Siener van Rensburg) nie, maar ook 'n versameling van al sy beskikbare gesigte in een band. Sedertdien het die visioene van Siener van Rensburg sy volksgenote geroep, gelei en gedra deur 'n baie moeilike tyd in ons geskiedenis. Maar nou staan hulle daar waar hy gesê het 'dit sal so donker wees dat ek nie my hand voor my oë kan sien nie.'

Gebeure wat hy in sy visioene gesien het, word nou eers bewaarheid, soos die instroming van swartes uit Afrika hierheen en na Europa; 'n konflik wat al 'n jaar lank in Rusland woed en in 'n burgeroorlog kan ontwikkel; die verslegting van die wêreldekonomiese toestand; aanhoudende kragonderbrekings in Suid-Afrika; munisipaliteite wat al byna almal bankrot is; droogtes en hongersnood wat voorlê; onteiening van grond; die media wat ons in die duister hou oor belangrike plaaslike en wêreldgebeure; stakings; Siener se woorde 'kyk na die parlement, want daar gaan ons dinge begin,' en laastens sy profesie dat "niks in die kerk meer reg sal wees nie."

Sy visioene staan in die lig van die volle waarheid, dis 'n openbaring van verborge skakeringe van volkslyding, smart, vernedering, verraad, sonde, maar uiteindelik 'n godsvreugde van genade en vryheid wanneer 'n grootse wonderwerk gebeur.

Charles Fryer, skryf in Insig van Junie 1993: "Dis die onvergeetlike verhaal van een van die merkwaardigste persoonlikhede in ons geskiedenis. 'n Boek wat die Boereprofeet teruggee aan sy volk."
Publikasiedatum: 2015-08-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.