Geheime revolusie Memoires van n spioenbaas

Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780624066149

Nie-fiksie / Non-fiction: Politiek & Geskiedenis / History & Politics

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Politiek & Geskiedenis / History & Politics
R 300
R 240Jy spaar R 60
In die duistere wêreld van spioene geld die gewone reëls nie. Alles is geoorloof in die naam van landsveiligheid - selfs om met die staat se Openbare Vyand No. 1 te praat. Dit is presies wat Niël Barnard in die laat 1980s as hoof van die Nasionale Intelligensiediens (NI) gedoen het. In opdrag van PW Botha het hy in die geheim gesprekke met Nelson Mandela begin voer oor die moontlikheid van meerderheidsregering. Nie eens die kabinet was bewus van hierdie gesprekke nie.
Geheime Revolusie onthul besonderhede oor hierdie ontmoetings - die eerste stap in die rigting van 'n demokratiese Suid-Afrika - asook oor die spesiale persoonlike band wat tussen die twee mans ontwikkel het. Sowel Mandela as Barnard was sterk persoonlikhede wat by tye hardkoppig en selfs kwasterig kon wees, maar al twee het die gewig besef van dit waarmee hulle besig was.
Die boek bied ook 'n fassinerende blik op die alledaagse lewe van spioene en die suksesse van NI in die 1980s. As spioenbaas het Barnard daarin geslaag om bande te vestig met vriende en vyande van die Suid-Afrikaanse staat. Hy het nie net talle Afrika-leiers besoek in 'n tyd toe Suid-Afrika die muishond van die wêreld was nie, maar selfs intelligensiebande met kommunistiese Rusland gebou.
'n Moet vir enigeen wat wonder oor wat alles in die 1980s agter die politieke skerms gebeur het.
Publikasiedatum: 2015-05-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.