Haar naam is Maria

Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781920654009
R 120
"Ek vertel omdat ek nie anders kan nie.

Vir die grootste deel van my lewe het ek by die droë putte vertoef opsoek na die soort water wat my geestelike dors kon les.

Tot die ontsteltenis van vriende het ek byna alles bevraagteken en selfs gerebelleer. Ek het mense onder kruisverhoor geneem omdat ek praktiese antwoorde wou hê op vrae rondom die oënskynlike sinneloosheid van die lewe. Ek was moeg vir die klank van klinkende metale en luidende simbale.
Tot so onlangs as twee jaar gelede het ek tydens 'n huiskerkbyeenkoms gebieg dat ek nie meer Bybel lees nie omdat ek dit uiters vervelig vind.

En uiteindelik, as gevolg van 'n persoonlike krisis, is ek uit my gemaksone geruk; tot volle oorgawe begelei. As gevolg van die onbegryplike genade van God het ek 'n smakie gekry van die lewende water; die verkwikking waarna ek so lank gesmag het.

My wens is dat hierdie eenvoudige getuienis mense sal inspireer om fyner ingestel te wees op die fluisteringe van die Heilige Gees, dat dit hulle sal oortuig dat 'n intiemer verhouding met God wel moontlik is. - Ansie de Kock

'Tydens die lees van die getuienis was ek intens bewus van die skrywer se soeke om op haar lewenspad in alle waarheid deur ons Hemelse Skepper, Jesus Christus en Heilige Gees gelei te word. Dit is die trefkrag van die persoonlike getuienis om die leser saam met haar op hierdie wonderlike genade pad te neem en te begelei - 'n pad van groei en absolute gehoorsaamheid .' - HEPHZIBAH MARITZ -
Bekroonde jeugboekskrywer asook skrywer van Geheime van die hemel ontsluit.

Ansie de Kock is 'n onderwyseres wat, nadat sy uit die onderwys bedank het, vir ses jaar lank haar eie wiskundesentrum bedryf het. Vanweë 'n byna oorweldigende persoonlike krisis, nadat sy en haar gesin na Hermanus verhuis het, is sy uit haar gemaksone geruk en tot volle oorgawe begelei. As gevolg van die onbegryplike genade van God het sy 'n smakie gekry van die Lewende Water; daardie verkwikking waarna sy haar hele lewe lank al soekend was.
Publikasiedatum: 2013-01-01

© All Rights Reserved 2017
A Product of CEIT Development