Gids tot die aalwyne van Suid Afrika

Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781920217396

Nie-fiksie / Non-fiction: Plante / Plants

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Plante / Plants
R 370
R 296Jy spaar R 74
Gids tot die aalwyne van Suid-Afrika is die eerste volledige en moderne aalwyngids in Afrikaans. Dit is 'n volkleur-handleiding en die hoë gehalte foto's maak dit vir die algemene belangstellende sowel as die wetenskaplike maklik om aalwyne in die natuur en in tuine te identifiseer. Die inhoud weerspieël die nuutste wetenskaplike bevindings en bevat:

- Volledige beskrywings van al 155 spesies wat tans deur aalwynkenners erken word, met inligting oor kenmerke waarvolgens die plante geïdentifiseer kan word, blomtyd, habitat en geografiese verspreiding, bewaringstatus, oorsprong van die wetenskaplike name, en volksname, asook algemene riglyne vir die kweek van die plante, en inligting oor hul tradisionele gebruike.
- Meer as 400 kleurfoto's wat die habitat en groeivorm aantoon, sowel as nabyfoto's van die blomme en blare.
- Verspreidingskaarte van al die spesies, as 'n verdere hulpmiddel vir identifisering.
- 'n Gebruikersvriendelike klassifikasiestelsel wat die aalwyne in 12 groepe verdeel, hoofsaaklik aan die hand van hul groeivorms.
- Inleidende hoofstukke wat die fokus plaas op aalwynagtige plante (wat met aalwyne verwar kan word); medisinale, kosmetiese en tonikumgebruike; bewaring; kweking en vermeerdering; tuinmaak en landskapontwerp met aalwyne; hibriede en kultivars, plae en siektes; en verwantskappe en genuskonsepte.
- 'n Geïllustreerde woordelys van plantkundige terme, indeks tot die wetenskaplike en volksname, asook 'n literatuurlys vir verdere leeswerk.

Publikasiedatum: 2014-11-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.