Fotogids tot die veldblomme van Suid Afrika

Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781920217013

Nie-fiksie / Non-fiction: Plante / Plants

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Plante / Plants
R 315
R 252Jy spaar R 63
Suid-Afrika het 'n ryk flora van nagenoeg 19 000 verskillende spesies blomplante. Heelwat hiervan, veral proteas, gerberas, bloulelies en clivias, is vandag internasionaal bekend, terwyl die helderkleurige blomme van freesias, nerinas, sparaxis en tjienkerientjees gunstelinge in tuine regoor die wereld geword het. Duisende besoekers word elke jaar na die skouspel van lenteblomme in Namakwaland en die Wes-Kaap gelok. Vir die wat meer van Suid-Afrika se veldblomme wil weet, hou hierdie rykdom sy eie probleme in. Die meeste veldblomgidse dek nie veel meer as net klein dele van die land nie en die ander sluit weer te min spesies in om van veel waarde te wees. Veldblomme van Suid-Afrika is daarop gemik om hierdie tekortkominge uit die weg te ruim. Met sorg saamgestel om die veldblomme in te sluit wat waarskynlik die meeste aandag sal trek, dek hierdie landwye gids byna 900 van die mees algemene en opvallendste veldblomme wat in Suid-Afrika en die buurlande Lesotho, Swaziland en Namibie voorkom. Die keuse van spesies is die resultaat van die skrywer se baie jare ervaring in die veld. Die gebruiker-vriendelike formaat verdeel die land in drie hoof- veldblomstreke, Grasveld en Savanne, Fynbos en Namakwaland, met die spesies in elke streek gegroepeer. 'n Kitsgids verminder die opsies met een oogopslag. Elke spesie word geillustreer en beskryf, met inligting oor die volksnaam en wetenskaplike naam, habitat, blomtye en plaaslike gebruike. Soortgelyke spesies word bymekaar geplaas om vergelyking te vergemaklik en verskille word kortliks uitgewys. Geskryf en geillustreer deur professionele persone met wye ervaring van gidsboeke, is Veldblomme van Suid-Afrika die sleutel tot die ontsluiting van Suid-Afrika se veldblom-erfenis.
Publikasiedatum: 2012-08-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.