Maar Tintin in Tibet

Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780624063230
R 215
"Wat maak jy as jou dominee-pa by jou studentewoonstel opdaag en sê jy moet saam met hom Beaufort-Wes toe ry omdat 'n Messias daar gesien is? Natuurlik is dit net heeltemal way out buite die kwessie. Maar dan het jy pas met jou Golfie agter in 'n karretjie van die Jack and Jill Driving School vasgery en jou girlfriend kom skielik met die storie dat julle nie meer die naweek alleen Struisbaai toe kan gaan nie. Daarom klim jy maar in jou pa se ou Merc in; luister na Radio Kansel en sy gemoun oor wat alles fout is met die land. Hy stem immers in dat julle soms jou Gert Vlok Nel-CD kan luister, en ten minste vibreer die selfoon in jou sak so af en toe met 'n SMS van jou girlfriend.

Maar so vinnig soos 'n ouerige Merc op die N1 cruise, raak dinge net geweldig complicated. Jy kom agter jou pa het 'n pistool in die cubbyhole, dat jou doodgoeie ma - predikantsvrou! - uithang met 'n vrou wat nie bra dra nie, jou girlfriend vir 'n ruk net wil wegkom van alles, veral van jou, en iemand bel jou pa op sy selfoon om te sê die Messias waarna julle op pad is, is 'n swart seun.

Was 'n reis op die N1 van Stellenbosch na Beaufort-Wes al ooit so fantasties soos die een waarop Annelie Ferreira die leser neem? Dit is soos om van 'n gastehuis op Laingsburg se betaalfoon 'n oproep die donker in te maak en . . . by jouself uit te kom. Want hierdie reis is so vreemd én so bekend, so verskriklik snaaks en tog ook so weemoedig, soos . . . ja, soos die lewe self. En op 'n manier, op 'n baie way out manier, beleef die leser saam met daardie bedryfsielkunde-student en sy predikant-pa 'n wonderwerk."
Publikasiedatum: 2013-07-01

© All Rights Reserved 2017
A Product of CEIT Development