Hartepad

Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780795800658

Fiksie: Kortverhale

Fiksie  -  Kortverhale
R 230
R 184Jy spaar R 46
"Watter soort pad is 'n hartepad? Is dit bloot 'n pad van die hart? Of het dit iets met die ware hardepad te doen? Dis 'n mengsel van albei, want reis is blootstellend. Jy ervaar die ongerief (Paul Theroux het gesê 'travel is glamorous only in retrospect'), maar wanneer jy terugkom, onthou jy net die uniekheid, die mooi en betekenisvolheid van dit wat jy ervaar het.
Elke verhaal in hierdie bundel is 'n reisstorie, maar vat jou nie net na mooi plekke toe nie - dit neem jou op 'n emosionele reis ook. 'n Tipe reis na bínne. Daar's baie onthou van kleintyd se dinge, maar daar is ook stories wat 'n lagreis word sonder om 'n grap te vertel. Dit gaan nie soseer oor die liefde nie, maar beslis oor die liefde vir reis. Vir ervaar en vir die raaksien van die dieper betekenis van reis. Van jouself blootstel aan die vreemde en altyd op die uitkyk wees vir 'n storie wat besig is om rondom jou af te speel.
Want elke reis word 'n storie om oor te vertel. Van Hangklip se hotel regdeur Afrika tot in Mama se kombuis in Napels."
Publikasiedatum: 2013-07-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.