Oorkom jou vrees

Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780796317155

Christelik / Christian: Bybelstudie / Bible Study

Christelik / Christian  -  Bybelstudie / Bible Study
R 135
R 108Jy spaar R 27
Oorkom jou vrees is die vierde boek in Lux Verbi se nuwe Bybelstudiereeks, Ontdek God in die Bybel.

Hierdie nuwe boek fokus op die vele maniere waarop vrees die gelowige se lewe kan beïnvloed en hoe om hierdie verskillende vrese te oorkom. Benescke Janse van Rensburg behandel die vele fasette van vrees aan die hand van 'n inspirerende, ware storie uit iemand se lewe.

Oorkom jou vrees is nie net 31 daaglikse oordenkings vir die individu nie, maar kan ook dien as 'n Bybelstudieboek vir groepe. Die skrywer verskaf Bybelverwysings en besprekingsvrae by elke hoofstuk, wat verdere studie en bespreking moontlik maak, asook 'n gebed wat leiding kan gee aan die leser se eie gesprek met God.

Hierdie boek vorm deel van Benescke se passie om God se Woord en beloftes op 'n kreatiewe en relevante manier met ander te deel. Sy verseker haar lesers daarvan dat, ongeag wat die situasie is, jy vreesloos kan leef met die wete dat God steeds wonderwerke doen.
Publikasiedatum: 2013-06-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.