Pappa Beer kom huis toe

Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798163835

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Illustreerder: Maurice Sendak
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 110
R 88Jy spaar R 22
Beertjie is seker een van die wêreld se mees sjarmante kinderboekkarakters. Die eenvoudige teks deur Else Holmelund Minarik en die evokatiewe tekeninge deur Maurice Sendak, internasionaal beroemde en bekroonde kinderboekillustreerder, skep vir die kind 'n verbeeldingswêreld waarin hy altyd tuis voel. Al vyf titels in die Beertjie-reeks sal in 'n wye kring byval vind, aangesien dit uitstekende voorleesboeke is. Die kleuter wat die verhaal een of twee maal gehoor het, sal dit self aan die hand van die illustrasies kan volg. Dit is ook besonder geskik vir self-lees deur kinders wat pas leer lees het.
In hierdie boek kom Pappa Beer ná 'n hengel-uitstappie huis toe. Beertjie is baie bly om hom te sien - al bring Pappa Beer nie 'n meermin saam huis toe soos Beertjie gehoop het nie! Pappa Beer is die beste pappa ooit - hy weet selfs hoe om Beertjie se hik te genees.
Publikasiedatum: 2013-10-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.