Slagyster

Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780795800627

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 275
R 220Jy spaar R 55
"Daar's 'n moorddossier op inspekteur Kassie Kasselman se lessenaar . . .
In die woude van die Niger-delta word Ryan Deetlefs, 'n Suid-Afrikaanse werknemer van die geldgierige Star Petro, gevange gehou deur 'n rebellegroep wat reeds verantwoordelik was vir die dood van etlike oliewerkers.
Haarhoff, Malan en Van Dyk Transport in Kaapstad is 'n baie suksesvolle onderneming, en eersdaags sal die drie kollegas nóg dieper rol in die geld. Hulle het immers 'n uiters lonende byverdienste, in samewerking met SAPD-hoëlui en die Nigeriese sluikhandel. Maar hoe gemaak met Brink van Dyk en sy Taliban-kwellinge?
Carl het afgetree op sy splinternuwe olyfplaas in die Karoo. Hy's klaar met polisiemol-dwelmhandel en die skadulewe . . . totdat sy voormalige bevelvoerder daar opdaag met 'n versoek wat Carl eenvoudig nie kan weier nie - een wat hom in kontak gaan bring met Afrika se mees gewetenlose skurke. En hy't self nie 'n silwerskoon verlede nie . . .
Van dit alles moet inspekteur Kassie Kasselman - posseël- en boeremusiekliefhebber, alleenloper-speurder met 'n laaste waarskuwing op sy diensrekord - sin maak. Iemand het sleg geknoei, maar hoe hoog op strek die kwaad?
Slagyster is 'n debuut-spanningsverhaal deur 'n opwindende nuwe stem in die genre, en vir inspekteur Kasselman sal ons vorentoe weer ontmoet."
Publikasiedatum: 2013-09-01

© All Rights Reserved 2017
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.