God se pad van vryheid 366 Dagstukkies

Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780796312839
R 170
Die gewilde skrywer, Engela Linde, nooi lesers om hulle van nuuts af volledig in die Bybel te verdiep en dit opnuut te ontdek met hierdie splinternuwe dagstukkies. Sy doen dit met haar gemaklike humoristiese styl en skryf die tekste vir die leser óóp deur haar dagstukkies met eietydse tekste en woorde van bekendes soos Dr Louw Alberts, JM Coetzee, Ingrid Jonker, Albert Schweitzer, Rudolf Bohren en ander te vervleg. Engela merk tereg op: 'Wie redeneer dat die Bybel droog is, het geen aanvoeling vir die humor, satire en ironie wat tussen die blaaie skuil nie'. Die fynproewer sal ure se genot put uit die wye verskeidenheid dissiplines wat Engela in haar tekste op relevante wyse aanraak om elke Bybelvers vandag vir ons meer sinvol te maak.

- Vir elke maand is daar relevante Bybelboeke gekies sodat die lesers in die bestek van 'n jaar die hele Bybel kan deurwerk.
- Die Nuwe Testament word met die Ou Testament afgewissel.
- Elke maand word voorafgegaan met 'n inhoudsopgawe van onderwerpe en belangrike verhale wat deur die loop van die maand aangeraak sal word.
- Elke maand se dagstukkie het 'n Bybelvers om te lees en sluit af met 'n gebed.
- Daar is ook kostelike 'Kriptiese prikkels', klein skatte wat die leser soos op 'n skattewag in die loop van die maand kan gaan naslaan.

Engela se besondere kennis van die Bybel, sy karakters, nuanses, gebruike en idiome laat lesers die ou bekende verse opnuut lees as iets wat vars aangebied word. Sy bind haar besinnings en wyse woorde op merkwaardige wyse saam deur voortdurend terug te kom na die gedagte van God se pad van vryheid wat as volg saamgevat kan word: nie vry om weg te beur nie, maar om nader te kom; nie om te verstrooi nie, maar om te versamel. 'Om uiteindelik my heerlikheid [te] kan sien, die heerlikheid wat U My gegee het ...' (Joh 17:24).
Publikasiedatum: 2013-08-01

© All Rights Reserved 2017
A Product of CEIT Development