Woord Engel

Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780992239725
R 250
Woord-Engel, debuutbundel deur Azette Wiesner het ontstaan nadat sy begin skryf het as terapie om haar seer en rou te verwerk na die tragiese ongeluk van haar eggenoot, Etienne Wiesner.

Sy het haar verse op Facebook geplaas en kort voor lank was sy 'n enigma met meer as 60 000 vriende: jonk, oud, veelrassig, Engelsprekend en aanhangers uit Nederland en België is gereelde lesers van haar verse.

Azette het nog altyd graag die poësie gelees van enkele Afrikaanse digters, en Afrikaans was een van haar vakke op universiteit. Haar gedigte is egter intuïtief en uniek. Sy skryf sonder veel literêre verwysings, dit beteken egter nie dat haar werk nie raakgesien word deur kenners van die letterkunde nie. Haar skryfstem, gebore uit haar eie intense gevoelswêreld bied vertroosting aan duisende mense wat sy aanraak met temas oor die pyn van rou , die dood en die onbeskryflike verlies van 'n geliefde. Sonder enige sentimentaliteit en in gewone taal. Toeganklike taal met universele waarde.

Soos reeds genoem, is die digter 'n besprekingspunt in die letterkundige geledere: haar skryfstyl en die eenvoud waarmee sy haar temas leesbaar en sonder pretensie aanbied, maak haar leesbaar en gewild by mense wat ruiterlik erken dat hulle poësie verpes het op skool.
Publikasiedatum: 2014-10-01

© All Rights Reserved 2017
A Product of CEIT Development