God se Storie Bybel

Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781432202149
R 250
Die verhale in die Ou en Nuwe Testament handel nie in die eerste plek oor mense nie. Dit handel oor God, wat hierdie wêreld so hartstogtelik liefhet dat Hy ons nooit kan los nie.
Nou word GOD SE STORIE in hierdie boek só vertel dat die leser deur die oë van die mense in die Bybel vir God aan die werk kan sien.
Die verhale van mense van vlees en bloed, mense met emosies, passies en ideale kom lê naby aan die moderne hart. Die boodskap kom duidelik na vore: Dis steeds dieselfde God wat Hom ook met mense soos ons bemoei.
Wat jy alles in hierdie boek sal vind ...
- 52 HOOFSTUKKE propvol verhale wat so lekker is om te lees soos 'n roman.
- TEKSVERWYSINGS wat aandui waar elke verhaal in die Bybel staan, sodat jy die boek ook kan saamneem kerk toe of na jou Bybelstudiegroep.
- Die geleentheid om die Bybel in EEN JAAR se tyd week vir week deur te werk.
- VRAE waaroor jy in jou stiltetyd kan nadink of in 'n kleingroep oor kan gesels.
Publikasiedatum: 2013-10-01

© All Rights Reserved 2017
A Product of CEIT Development