●●● GRATIS aflewering op bestellings bo R500 in RSA ●●● AFSLAG SLEGS OP AANLYNBESTELLINGS ●●●
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485305422

Fiksie: Poësie

Fiksie  -  Poësie
R 180
R 162Jy spaar R 18
Die titel van Cas Vos se nuutste bundel dui nie op 'n onheilsboodskap nie, maar eerder op die draer of draers van boodskappe van hoop. Dié tema word reeds in die openingsgedig in die vooruitsig gestel, waar die môrester die opdrag kry om deur die donker te kyk na waar 'duister soos 'n vlermuis / vlug voor die nag hom verlaat.' Alhoewel die nag, donkerte, pyn en ellende die grondstof van baie gedigte is, word hierdie gegewe as die vertrekpunt na iets anders gesien, soos Plato se grot in die gedig 'In die begin ...'. Hier, 'waar misteries teen die wand flikker', het die spreker reeds 'voorspooksels' gekry van sy taak. Uit hierdie donker maar veilige ruimte word die mens van sy geboorte af met al sy erflike belastheid gestoot om met sy woorde die wêreld te verken, sy ervarings op te teken en 'n boodskap oor te dra. Saam met ander bodes, soos engele, heiliges, skeppers en geliefdes verken die bundel oorloë, rampe en pyn, maar ook liefde, medemenslikheid en skoonheid. Ten slotte bely die digter dat al sy vermoëns net 'ten dele' is, maar dat hy wel verskans is teen die pyn van 'n geknakte liggaam 'tot die volheid my / onverhoeds verras.'
Die bundel bevat 'n aantal knap vertalings uit die werk van die Griekse digters Konstantinos Kavafis en Giorgios Seferis, wat in aansluiting met die temas van die digter se eie werk deur die bundel versprei is.
Cas Vos het reeds sewe digbundels op sy kerfstok en het naas poësie ook teologiese publikasies die lig laat sien. Sy vertaling uit klassieke Grieks, Fragmente van die Ilias (2014), sy mees onlangse literêre werk, is goed deur die kritiek en die publiek ontvang.
Publikasiedatum: 2015-10-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.