●●● GRATIS KOERIER AFLEWERING OP BESTELLINGS BO R500 ●●●
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431615995

Christelik - Kinders: Bybels

Christelik - Kinders  -  Bybels
R 400
Kom deel in die opwinding van die wêreld se wonderlikste storie ooit. Die Aksie-Bybel bied meer as 200 kort, aksiebelaaide Bybelstories in chronologiese volgorde. Dit verseker dat lesers die historiese vloei van die Bybel beter verstaan, en dra ook by tot 'n kragtiger opbou na die opwindende hoogtepunt.

Die aangrypende Ou- en Nuwe-Testamentiese stories in Die Aksie-Bybel kommunikeer Bybelse waarhede duidelik en kragtig aan hedendaagse lesers. Die gemaklike skryfstyl en dramatiese illustrasies sal aanklank vind by kinders en almal wat jonk van gees is. Skrifverwysings kom aan die begin van elke storie voor om verdere Bybellees aan te moedig, en 'n volledige Skrifindeks kom agter in die Bybel voor.
Internasionaal erkende kunstenaar Sergio Cariello se aangrypende, kleurryke illustrasies word gekenmerk deur dramatiese skakerings, sterk en energieke ontwerpe en emosioneel gelaaide figure.
Hierdie is die verhaal van God se verlossing - in aksie!
Publikasiedatum: 2016-12-01
Laai in mandjie
Voorraad by verskaffer - Versending binne 3 tot 8 werksdae

© All Rights Reserved 2024
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.