●●● GRATIS aflewering op bestellings bo R450 in RSA ●●●
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799383508

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 300
R 69Jy spaar R 231
Christine wil van Frikkie, haar man, ontslae raak. Moord maak meer sin as egskeiding, veral nadat hy baie geld op die Lotto wen wat hy nie met haar deel nie. Dan trek daar 'n geskeide man met 'n volwasse dogter langs haar in. Wanneer Frikkie op onverklaarbare wyse by die trap in die huis afval, is die speurders en Christine suspisieus oor haar nuwe buurman. Christine, die ryk weduwee, trou gou weer en trek saam met haar nuwe man na 'n veiligheidslandgoed. Haar eertydse kollega, Zebith, is haar nuwe buurvrou. Mettertyd kom Christine agter dat die huis waarin sy en haar nuwe man bly 'n bloedige geskiedenis het. Zebith ken die geskiedenis en was betrokke by die inwoners. Sy ly aan postraumatiese stres en wroeg omdat sy skuldig voel oor wat in die huis langs hare gebeur het. Saam met die skuldgevoel moet sy ook die pyn van haar gebroke hart hanteer. Die twee buurvroue het albei die man saam met wie hulle gewoon het, verloor en albei het skouers geskuur met gewelddadige dood. Daar kan tog nie nog onvoorsiene tragedies vir hulle voorlê nie? Oor die skrywer Elsa Hamersma het al 15 boeke geskryf. Een daarvan was 'n jeugverhaal, Die teken van die crux, waarmee sy die Sanlamprys vir jeuglektuur in 1998 gewen het. Die mense langsaan is haar eerste spanningsroman en dis geskryf in die tradisie van die domestic noir, The girl on the train - 'n eerste in Afrikaans. Pryswoorde Chanette Paul, LAPA Uitgewers se manuskripontwikkelaar, sê: "Ek moet Elsa gelukwens met hierdie manuskrip. Sy het haar goed van haar taak gekwyt. Elsa skryf ook lekker vloeiend en is baie goed taalvaardig. Dis altyd verblydend wanneer skrywers nuwe genres in Afrikaans aanpak. Die noir-genres, en spesifiek domestic noir, is deesdae baie gewild. Ek is dus bly Elsa het hierdie tendens op die proef gestel." Jeanette Ferreira, teksredakteur, sê: "Dit is die beste van Elsa se romans wat ek ooit gelees het. Die bisarheid, die droefheid, die sameloop van omstandighede het my so geboei dat ek nie die teks wou neersit nie. Well done!"
Publikasiedatum: 2017-05-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.