Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780620744744

Nie-fiksie / Non-fiction: Populêre Sielkunde / Popular Psychology

R 200
R 160Jy spaar R 40
Verhoudings is lewensbelangrik, sê die sielkundige Ronel du Toit in haar boek Verhoudings onder druk - 13 beginsels wat maak dat verhoudings slaag of misluk.

Sodra jy kan insien dat jou lewensgeluk en menswees hoofsaaklik afhang van die verhoudings waarin jy is, is jy gereed om meer van jou verhoudings te wete te kom, skryf Ronel. Haar belangstelling in jongmense en hulle stryd om van verhoudings sin te maak, was die dryfveer vir die boek. Jy kan saam met Ronel soek na antwoorde op kwelvrae soos: Hoe kan ek my verhoudings beter verstaan? Waar staan ek in my verhoudings? Hoe kan ek my kollega, ouer, kind, huweliksmaat of vriend se optrede beter begryp? Wat kelder my verhoudings met mense van ander gelowe, rasse of kulture? Wat kan ek doen om gelukkiger en volhoubare verhoudings te hê? Die dertien kernbeginsels wat die skrywer in die boek bespreek, wys jou hoe om verskillende lewensverhoudings beter te verstaan en gesprekke daaroor makliker te maak. Ons besef nie altyd die volle impak van ons woorde en gedrag op ons verhoudingsmaats nie, of hoe emosies ons kan pootjie nie. Deur die praktiese scenario's kom die leser weldra agter hoe verhoudingsmaats se kommunikasiestyle op mekaar inwerk. Ronel se handige wenke help jou om jou verhoudings uit te pluis en jou aandeel in verhoudingskonflik raak te sien.
Alle mense, in alle lewenskontekste, kan die boek as 'n gids gebruik om bestaande verhoudings te verbeter, verhoudingsprobleme op te spoor en te hanteer, en voorkomend geesteswelstand te verseker.

OOR DIE SKRYWER:
Ronel du Toit is 'n sielkundige wat by die Universiteit van Pretoria se departement studente-ondersteuning werk. Sy doen individuele terapie, psigometriese toetsing en werkswinkels oor verskeie onderwerpe. Ronel het as plaaskind in die Oos-Vrystaat grootgeword en bedryf steeds 'n boerdery op die familieplaas. In haar vrye tyd hou sy daarvan om in die natuur te wees, tyd saam met haar gesin deur te bring en met haar honde te gaan stap. Ronel is getroud met 'n mediese spesialis. Die paartjie het drie volwasse seuns.
Publikasiedatum: 2017-12-01

© All Rights Reserved 2017
A Product of CEIT Development