Hartsbegeerte Omnibus

Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799387162

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 210
R 168Jy spaar R 42
Terug na jou
Kolwyntjie
Altyd die strooimeisie.

Terug na jou:
Een naweek het Mercia, Le Fleur-wynlandgoed se eienares, 'n man ontmoet aan wie sy onmiddellik verknog geraak het. Maar dit was net 'n droom want hulle was albei getroud; sy vrou sieklik en Mercia se man 'n pierewaaier. Nie een kon skei sonder om ander se lewe te verwoes nie. Hulle het mekaar prysgegee.
Noudat hulle mekaar weer ontmoet het, is hulle albei vry. Maar nie vry van die verlede waaruit 'n geheim gebore is nie; iets wat nie eens hierdie man weet nie. En dit kan hulle opnuut uitmekaar dryf.
Sal hy haar nog liefhê wanneer sy die moed bymekaarskraap om dit vir hom te sê?

Kolwyntjie:
Die gebakwinkel is Melani se droom wat werklikheid word. Haar ander droom word spoedig 'n nagmerrie toe haar en die mediese dokter se paaie kruis in dieselfde kantoorgebou. En nie sommer enige dokter nie, nie eens sy tweelingbroer kan aan haar doen wat hý met sy intense grys oë doen nie.
Maar hy het toekomsplanne wat nie 'n liefdesverhouding insluit nie, wat nog te sê 'n draai voor die kansel. Melani se liefdeshorison eindig ongeveer waar Tygerberg-hospitaal begin.
Sy het egter nie rekening gehou met die Le Fleur-tweeling se formidabele ma nie - of met haar seun se vasberadenheid nie, al kos dit byna 'n tragedie om hom wakker te skud ...

Altyd die strooimeisie:
Zoë Davel besluit om nooit weer voor die kansel te staan nie - nie as strooimeisie nie en beslis ook nie as bruid nie, al stuur die hoogs aantreklike Meyer Malan haar hart heeltemal in 'n aweregse wentelbaan.
Toe sy boonop uitvind waar haar biologiese pa by Meyer se familie-opset inpas, glo sy sy speel met vuur en verbreek alle bande met hom.
Maar dinge is selde wat dit op die oog af lyk, en toe Zoë agter die kap van die byl kom en die familie haar met ope arms en harte verwelkom, weet sy dat sy sowaar weer voor die kansel gaan staan - hierdie keer heel gewillig as Meyer se bruid.
Publikasiedatum: 2018-01-30

© All Rights Reserved 2017
A Product of CEIT Development