Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799387773

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 265
R 212Jy spaar R 53
Reine Duvenage, 'n tweedejaar kunsstudent en finalis in die universiteit se debutantekompetisie, trek die aandag van 'n sluipjagter wat jong vrouens teiken. Sy oorleef 'n wreedaardige aanranding, maar hou emosionele en fisieke letsels oor. Pieter Taljaard, die speurder wat die saak moet oplos, se ondersoek lei hom na verskeie mans met wie sy in kontak was.
Gedurende haar herstelproses kwalifiseer Reine deur afstandonderrig as onderwyser. Sy aanvaar as Renette Mouton ʼn pos by 'n plattelandse hoërskool in die laeveld omdat die jagter steeds bedrywig is ná twee jaar.
Haar poging om anoniem te bly en nie weer 'n slagoffer te word nie, word bemoeilik toe mans uit haar verlede onverwags in die dorp opdaag en die sluipjagter haar opnuut begin treiter. Onseker oor die identiteit van die sluipjagter wantrou sy almal, ook Charl de Jongh, die finale jaar kliniese assistent wat haar behandel het, Jacques Ritsen, die verteenwoordiger van Frey Skoonheidshuis wat haar geborg het, Francois Booyens en Carlo von Brandis van Erasmus Foto-ateljee wat haar foto's geneem het, en die ontwerper, Giorgio van Jolie Mam'selle Boetiek wat haar rok ontwerp het vir die debutantebal. Selfs Stefan Treurnicht, die blinde klavierstemmer lyk vir haar verdag.
Ondanks die teenwoordigheid van haar troue waghond beland sy weer in die sluipjagter se strik. Kan Pieter Taljaard die leidrade betyds ontrafel om 'n moord te voorkom?

Kringloop is deel van die Bloedspoor-tweeluik. Albei romans speel gedeeltelik af op die kampus van die Universiteit van Pretoria. En in albei romans is die moordenaar 'n psigopaat.
Publikasiedatum: 2018-04-12

© All Rights Reserved 2017
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.