Afslag slegs op aanlynbestellings
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780624081463

Nie-fiksie / Non-fiction: Algemeen / General

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Algemeen / General
R 280
R 224Jy spaar R 56
Dit is die laat tagtigerjare. Ernstige aantygings teen drie prominente NP-ministers doen die ronde. Een van die drie is, naas die staatshoof, die magtigste man in Suid-Afrika.
'n Waagmoedige polisieman en 'n vreeslose joernalis ondersoek die gerugte dat jong seuns op 'n eiland aan die kus van Port Elizabeth misbruik word. Mark Minnie en Chris Steyn kom onafhanklik van mekaar af op dieselfde donker geheim. Maar die saak kry net kortstondig aandag voordat dit doodgesmoor word en verdwyn.
Dertig jaar later sit Steyn en Minnie hul bewyse bymekaar en lig die sluier oor dié skokkende gebeure - 'n verhaal van misdaad, toesmeerdery en amptelike medepligtigheid in die verkragting, en moontlik selfs moord, van weerlose kinders.

OOR DIE OUTEURS
MARK MINNIE is 'n voormalige polisieman wat in die 1980's by die Suid-Afrikaanse Polisie (SAP) se Narkotikaburo as speurder gewerk het. Sedert hy Suid-Afrika in 2007 verlaat het, het hy 'n CELTA-onderwyssertifikaat deur die Universiteit van Cambridge in Londen verwerf. Daarna het hy vir die Universiteit van Cambridge en die British Council in China as Engelse eksaminator gewerk. Tans werk hy as 'n Engelsonderwyser by die Universiteit van Guangzhou in China.
Mark Minnie se liggaam is in Port Elizabeth gevind op 14 Augustus 2018, 'n week nadat die boek vrygestel is.

CHRIS STEYN is 'n ondersoekende skrywer en joernalis. Sy het oor die jare vir die Rand Daily Mail, The Star en die Cape Times gewerk. Sy was redakteur van die ondersoekende joernalistiekspan van sestien koerante in die Independent Newspapers-groep. Nadat sy geweier het om teen een van haar bronne te getuig, is sy noodgedwonge in ballingskap om gevangenisstraf in Suid-Afrika vry te spring. Terug in Suid-Afrika is sy in hegtenis geneem en aangekla omdat sy protes aangeteken het teen 'n apartheidsproklamasie wat media-vryheid drasties ingeperk het. Sy is die trotse mede-eienaar en bestuurder van 'n boekwinkel op die kusdorp waar sy tans woon.
Publikasiedatum: 2018-08-05

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.