Afslag slegs op aanlynbestellings
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781415340479

Christelik - Kinders: Tieners

Christelik - Kinders  -  Tieners
R 200
R 160Jy spaar R 40
God se Woord is ons lewensbrood, maar vir die jonger geslag kan dit uitdagend wees om die Bybel te bestudeer. Die formele ou styl van aanbieding steel dikwels die varsheid van dié “brood”.
Die groot storie is anders: Dit is 'n handleiding gerig op tieners met 'n vars, moderne aanslag. Dit bied tieners 'n meer verstaan bare grondslag vir hul geloof en sal hulle lus maak vir meer.
Die boek vertel die “groot storie” - God se storie - op 'n interaktiewe manier sodat jong lesers ingetrek word. Dit bied 'n chronologiese oorsig van God se volk se geskiedenis, Jesus se tyd hier op aarde, insluitend sy kruisdood en hemelvaart, die stigting van die Kerk en die geloofsgemeenskap nou. Daarby bevat elke hoofstuk ook eietydse illustrasies, nuttige inligting oor die Bybelse wêreld, sleutel-Skrifgedeeltes, die hoogtepunte van 'n spesifieke gedeelte van die Bybel, wie die hoofkarakters is en punte vir nadenke.
Dit is geskryf in 'n gemaklike styl wat tot tieners sal spreek - 'n moet-hê-boek vir enige jong Christen.
Publikasiedatum: 2018-11-30

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.