Afslag slegs op aanlynbestellings
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799391756

Kinders: Kleuters

Vertaler: Jaco Jacobs
Kinders  -  Kleuters
R 140
R 112Jy spaar R 28
Neem groot treë met alledaagse dinge in hierdie prettige reeks vir kleuters!
Hierdie reeks boekies is ontwerp met die doel om ouers en hul kleuters te help om nuwe ervaringe en alledaagse dinge soos slaaptyd, kleuterskool, doktersbesoeke en goeie maniere op 'n lekker manier onder die knie te kry. Speel saam met al die flappies en meganismes!
Hierdie reeks bevat verskeie nuttige wenke vir ouers en versorgers wat saam met 'n vooraanstaande ontwikkelingsjare konsultant, Dr Amanda Gummer, ontwikkel is.
Daar is ses hoogs versamelbare titels in die reeks:
Ek wil nie slaap nie
Gaan saam met Ned deur sy slaaptydsroetine, al is hy glad nie slaperig nie. Hy en Mamma bêre saam sy speelgoed, bad, lees 'n storie en sing 'n liedjie!
Klaar met doeke
Hierdie twee kleuters is klaar met doeke! Beleef die proses saam met hulle.
Ek gaan kleuterskool toe
Bennie is baie hartseer toe Pappa hom by die kleuterskool aflaai - maar kort voor lank is hy besig om maatjies te maak en allerhande dinge te doen! Voor hy sy oë kan uitvee is Pappa al terug.
Ons kry 'n baba
Nancy kry 'n bababoetie! Oupa en Ouma kom bly by haar terwyl Mamma en Pappa hospitaal toe gaan. Verwelkom saam met Nancy die splinternuwe baba in die familie!
Ons gaan dokter toe
Billy en Nell is op pad dokter toe. Lees saam hoe hulle ondersoek word en elkeen 'n inspuiting kry!
Kan jy asseblief sê?
Tom en Nancy speel te lekker saam, en leer hoe om te deel en goeie maniere te hê.
Publikasiedatum: 2019-02-28

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.