AFSLAG SLEGS OP AANLYNBESTELLINGS ●●● GRATIS aflewering op bestellings bo R450 in RSA
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798179294

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 320
R 256Jy spaar R 64
Fleur de Villiers is nie 'n kenner van rugby nie. Wanneer haar ou pel Maurice Kumalo haar vra om 'n biografie oor die Springbok-rugbykaptein Katstert Nel te skryf, is sy om die minste te sê teësinnig. Haar voorliefdes in die lewe behels eerder fynere dinge, soos ondersoekende joernalistiek, goeie kos en wyn. Wat op aarde weet sy van rugby, so op die vooraand van die Wêreldbekertoernooi in die jaar 2025?
Daar wag 'n groot verrassing op Fleur. Want in die domein van Jaap Schvantz en sy eggenoot Krystle, aan die hoof van Corpus Christi se kolossale besigheid (deesdae is die kerk en rugby één), is daar 'n klankie in die lug. En Fleur, ervare joernalis wat sy is, kry gou snuf in die neus. Hond se gedagte is 'n hoogtepunt in Kerneels Breytenbach se oeuvre. Dit is 'n roman wat spreek tot rugbykenner en rugbyleek. Want wat is rugby anders as 'n metafoor vir die lewe - net een span kan wen, en nie almal volg altyd die reëls nie...
'n Verrassende, hoogs vermaaklike roman.
Publikasiedatum: 2019-10-02

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.