AFSLAG SLEGS OP AANLYNBESTELLINGS ●●● GRATIS Pargo aflewering op bestellings bo R350
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780795801976

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 275
R 220Jy spaar R 55
Carl se rekord word uitgewis - maar wat sal dit hom kos?

In Rudie van Rensburg se eerste Kassie Kasselman-roman, Slagyster, ontmoet ons vir Carl Bester, gevalle oudspeurder. Slagyster eindig waar hy op vlug gaan ná hy geld gesteel het waarop in 'n dwelmsaak beslag gelê is.
In Vloek is Carl terug. Ná 'n dekade word hy skielik gevrywaar van vervolging. Hy kan terugkom na SA - sy bannelingstatus uitgewis, maar teen 'n prys. “Ons vergeet van jou sondes in ruil vir 'n teenprestasie,” sê sy nuwe werkgewer. Hy moet 'n saak van internasionale belang help ontrafel - een wat met lyke besaai lê.
Carl was 'n dekade laas polisieman. Nou sal hy sy skadukant finaal moet afskud en weer soos 'n volbloedspeurder redeneer om dié saak saam met 'n spul rookies op te los. Sal dié berugte rokjagter ook die versoeking weerstaan om betrokke te raak by 'n beeldskone kollega? En gaan sy pad kruis met dié van Kassie Kasselman, die speurder wat sy diefstal destyds aan die Skerpioene blootgelê het?
Dan is daar die neo-Nazi uit Carl se verre verlede. Gevul met die “heilige krag van die Führer” is hy vasbeslote om wraak te neem op die man wat hom agter tralies laat beland het.
Publikasiedatum: 2019-08-13

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.