AFSLAG SLEGS OP AANLYNBESTELLINGS ●●● GRATIS aflewering op bestellings bo R450 in RSA
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799397741

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Illustreerder: Elsbeth Eksteen
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 150
R 120Jy spaar R 30
Lulu se grootste kompetisie nog!
Lulu droom daarvan om 'n modeontwerper te word. Niks is vir haar lekkerder as om pragtige ontwerpe in haar tekenboek te skets nie.
Daar is 'n vreemde reuk in Lulu-hulle se huis - die reuk van babapoeier! Lulu stem in om 'n paar dae lank 'n baba te help versorg. Klein Wikussie is die oulikste baba op aarde (behalwe as hy verrassings in sy doek maak) - en dit is groot pret om vir hom babakleertjies te ontwerp!
Maar by die skool het Lulu groter probleme. Greta, die nuwe meisie in hulle klas, lyk baie gaaf, maar agter Lulu se rug vertel sy allerhande nare dinge ... Sy reken Lulu is glad nie so 'n goeie ontwerper as wat almal dink nie! Greta spog dat sy selfs beter klere as Lulu kan ontwerp.
Lulu besluit om die uitdaging te aanvaar. Sy en Greta gaan 'n modevertoning hou ... en kyk wie die mooiste babaklere kan ontwerp! Maar het Lulu dalk vir Greta onderskat ...?

Hierdie reeks is ideaal vir jong meisies wat 'n belangstelling in modeontwerp het. Elsbeth Eksteen se kleurvolle illustrasies, waarvoor sy al 'n ATKV Woordveertjie gewen het, bring lewe tot Lulu se pragtige ontwerpe. Die Lulu-reeks is perfek vir beginnerlesers.

Ander titels in die reeks:
1. Oe la la, Lulu (9780799360011)
2. Bravo, Lulu (9780799375565)
3. Oepse daisy, Lulu (9780799377262)
4. La di da, Lulu (9780799384291)
5. Hokaai, Lulu (9780799389371)
Publikasiedatum: 2019-11-13

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.