AFSLAG SLEGS OP AANLYNBESTELLINGS ●●● GRATIS aflewering op bestellings bo R450 in RSA
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

2

9780798179829

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 300
R 240Jy spaar R 60
“Daar is spore doodgevee. Iemand het die opdrag gegee vir wat met daai vyf moet gebeur. En ek wil weet wie.”

Daar is raaisels wat spook by Wim Kellerman, twee jaar ná die dood van Jack Niemand. Hy en Portis praat min daaroor waar hulle woel in die kweekhuis van Wim se skoenlapperboerdery op Wildernis. Maar dit bly sluimer tussen hulle. Want wat het geword van Portis se vyf jeugvriende wat in daai verskriklike jare van die tagtigs vermis geraak het? En hoekom is die lyke van Simon Pope, die destydse hoof van Bon Accord, en sy vrou, Rachel, nooit geïdentifiseer nie?

Al manier is om terug te loop op die spoor, voetjie vir voetjie. In sy beendere weet Wim sy ou aartsvyand Simon Pope lewe nog. Dis maklik om twee en twee bymekaar te sit, so hy koop 'n kaartjie Kanada toe, kwansuis vir skoenlappersoektogte. En gaan soek die meesterbrein agter die verdwyning van vyf kinders van die Kaapse Vlakte. Kry, sal hy hom kry. Dis 'n lewenstaak - vir Portis, en vir Wim.
Publikasiedatum: 2019-10-30

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.