●●● GRATIS aflewering op bestellings bo R450 in RSA ●●●
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799399899

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 300
R 240Jy spaar R 60
Liefde is al wat vir die mens oor is Daar onder raas die see toe Poppie Nel dié dag voor dominee Lukas Lucas op sy stoep staan in haar kuise lang romp. Sy moet glo met iemand praat sodat sy kan opstaan. Poppie is uit die kerk, maar die kerk is nie uit haar nie. Dit lyk egter nie asof sy wil nie - praat of opstaan nie. Lukas het ook nie regtig trek vir 'n pratery nie, sy eie pyn is nog vir hom te kosbaar. Maar hy het nou hierdie herderlike plig. Só ontvou Poppie se verhaal. Dit begin in haar ouerhuis en in 'n saaltjie op 'n plot waar 'n pastoor openbarings kry en waar die Nels slaafse navolgers van sy leringe is. Dis net, die openbarings kom en gaan soos dit die pastoor ten beste kan dien. Langmourokke, manskoene, niks mooimaakgoed nie, studie is ook van die duiwel, uitgedink deur die bose wêreld daar buite. Die skade aan 'n meisiekind se siel ... Nou ja. Uiteindelik berei Lukas 'n preek oor die liefde voor. Want dit is al wat daar vir die mens oor is. Hierdie boek kan vergelyk word met Dis ek, Anna, alhoewel die tema van seksuele molestasie heeltemal anders benader word. Hans du Plessis se ander titels sluit in Drie vroue en ʼn meisie en Tussen die klippe.
Publikasiedatum: 2020-06-11

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.