●●● GRATIS aflewering op bestellings bo R500 in RSA ●●● AFSLAG SLEGS OP AANLYNBESTELLINGS ●●●
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

4

9780639600406

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Illustreerder: Linki Brand
Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 135
R 108Jy spaar R 27
'n Vyte-boek vir almal.
Soortgelyke humoristiese “nonsensboeke” is A Book of Nonsense deur Edward Lear, The Lorax deur Dr. Seuss en I'm Just No Good at Rhyming and Other Nonsense deur Chris Harris. Plaaslik is dit soortgelyk aan Leon de Villiers se vorige nonsensboek Ek en my monster.

Wat is 'n wetenskaap? 'n Mens wat hou van vyte, word 'n wetenskaap genoem. Jong wetenskape hou gewoonlik vyte in botteltjies aan en bêre dit onder hulle beddens.
Wat is 'n vyt? Wanneer ʼn mens goeters uitmekaar haal en dit weer bymekaar sit, bly daar baie keer ietsies oor. Daardie oorbly-ietsies is vyte.

Het jy geweet dat idees die mis van breinwurms is as hulle mense se ongedinkte gedagtes eet? Of dat kannibale skole uitgedink het? Of dat skape so slim is dat hulle van groen gras wol kan maak en sommer daarmee saam die seisoene veroorsaak? Dit is als vyte! Wetenskaap bestaan uit 'n versameling speelse, onderste-bo wonderlike en snaakse vyte oor die mens, die aarde en die sommer nog baie ander dinge in die heelal. 'n Heerlike boek vol fiktiewe feite wat nuuskierige agies vir ure sal laat glimlag.
Publikasiedatum: 2020-06-11

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.