●●● GRATIS aflewering op bestellings bo R450 in RSA ●●●
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798180795

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 250
R 200Jy spaar R 50
Dis die jaar 1955 en Suzanna Jansen woon saam met haar pa, ma en broer, Gert, in 'n riethuisie op Bertus van Zyl se plaas naby Kakamas. Haar pa en broer sien bedags om na die skaap en haar ma werk in mevrou Rita se Groothuis.
Dis die Kersvakansie voor Sanna se laaste skooljaar en sy kan deesdae nie die vlinders in haar maag begryp elke keer as sy die buurseun, Johannes, in een van die veekampe raakloop nie.
En dan is daar Inge, die meisie met die geel hare, wat soos die slapende skoonheid gevangene is in die Groothuis.
Een middag besluit Sanna om aan haar kamerdeur te klop - min wetende dat 'n vriendskap met dié vreemdeling haar en Johannes se lewens onherroeplik gaan verander.
Engela Ovies se debuutroman, Draairivier, is 'n deernisvolle verhaal oor familie, vriendskap, liefde en vergifnis.

Oor die skrywer
Engela Ovies is gebore op 1 Julie 1968 op Onseepkans, 'n grenspos tussen Pofadder in die NoordKaap en Namibië. Sy gaan ook hier langs die Oranjerivier by St. Philomena skool. In 2003 trek sy na Noudonsies naby Augrabies waar sy tans woon saam met haar twee seuns, een dogter en twee kleinkinders. Draairivier is Engela se debuut.
Publikasiedatum: 2020-06-19

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.