●●● GRATIS aflewering op bestellings bo R500 in RSA ●●● AFSLAG SLEGS OP AANLYNBESTELLINGS ●●●
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485904465

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 280
R 224Jy spaar R 56
Toe Elfrieda ná ʼn lang koma uiteindelik haar oë oopmaak, is haar kop leeg. Angs pak haar toe sy in 'n Durbanse hospitaal besef sy kan níks van haar verlede onthou ná sy voor 'n motor ingehardloop het nie.

'n Terloopse opmerking deur Michael, die neuropsigiater wat na haar omsien, bring 'n flits herinnering: Voor haar sien sy 'n vaalgroen boekie oor die lewe van die ontdekkingsreisiger David Livingstone se vrou, Mary. Met behulp van Michael begin Elfrieda stadig die legkaartstukkies van haar geheue aanmekaar sit.

Maar die onthou bring seer: Soos die herlewing van die tragedie van haar pa se ongeluk tydens 'n vakansie by die see en haar ma se kille verwyt en woede daarna.

Elfie se pad na vergifnis en vrede verby die skok en ontsetting van onthou is lank.

Onderliggend aan haar verhaal loop nog 'n verbeeldingstog: Die grootliks onbekende storie van Mary Livingstone, wie se lewe skaars 'n fluistering in die geskiedenis was.
Publikasiedatum: 2020-08-03

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.