●●● GRATIS KOERIER AFLEWERING OP BESTELLINGS BO R450 ●●●
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780639601656

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 190
Dit is aaklig om op amper sewentien so baie dinge nie te weet nie.
Nie te weet of jou ma dalk reg is en jy net 'n pil moet drink om die donkerte te keer nie, nie te weet of jou broer se ambisie hom die kluts gaan laat kwyt raak nie. Om nie eers te praat oor die feit dat jy glád nie te weet wat jy met die res van jou vreeslike gemiddelde lewe wil doen nie. En die een persoon wat alles sou verstaan het, is vir altyd weg.
Gelukkig bring die nuwe jaar 'n paar veranderinge wat Helena so 'n bietjie ligter laat voel. Haar viool begin weer sing, en sy besluit om self antwoorde te begin soek. Ongelukkig is 'n antwoord egter nie altyd goeie nuus nie ...
Hoe kón sy Luca met die duifgrys oë se gesels, sy hand om hare, so heeltemal verkeerd verstaan het? Kan een dom-onnosele besluit se gevolge regtig so veruitkring dat dit iemand se toekoms sal vernietig? Ergste nog, wat presies moet sy met al hierdie antwoorde doen? Helena begin dink dat om nie te weet nie, dalk tóg beter is.
Skielik klink weghardloop na 'n goeie plan … maar is dit?
Publikasiedatum: 2020-10-14

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.