●●● GRATIS aflewering op bestellings bo R500 in RSA ●●● AFSLAG SLEGS OP AANLYNBESTELLINGS ●●●
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798181662

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 320
R 256Jy spaar R 64
Iemand skiet vir adjudant-offisier Milo April by die Kaapse Waterfront. Koelbloedig, helder oordag, 'n teregstelling. Is 'n senior SAPD-offisier daarvoor verantwoordelik? En hou dit verband met geheimsinnige briewe wat die geskorste Valke-speurders Bennie Griessel en Vaughn Cupido ontvang het? Met ondertone van nóg Staatskaping-onheil?
As hulle dit kan ontrafel, is hul loopbane gered, hul status herstel. Maar hoe ondersoek jy 'n saak in die geheim, met jou hele toekoms op die spel as jy uitgevang word?
Terwyl jy boonop jou tyd moet mors met 'n studentjie op Stellenbosch wat ná 'n naweek se gefuif tussen neus en ore verdwyn het? En die aapstreke tussen Jasper Boonstra, die super-ryk, alom-berugte korporatiewe swendelaar, en die sensuele, desperate eiendomsagent Sandra Steenberg.
Jy doen maar wat hy altyd doen as jy Griessel en Cupido is. Bek hou, kop hou, aanhou. Terwyl jou base raas en die media onmenslike druk op jou sit. En jy stadigaan besef dit is die donkerste drif wat agter dit alles sit.
Gierigheid.
Publikasiedatum: 2020-11-06

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.