●●● GRATIS aflewering op bestellings bo R500 in RSA ●●● AFSLAG SLEGS OP AANLYNBESTELLINGS ●●●
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

12

9780639605944

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 250
R 200Jy spaar R 50
Die ware betekenis van la dolce vita ... In 'n skoendoos vol papiere wat Lizette de Klerk by haar bejaarde ma kry, ontdek sy 'n brief van haar oupa. Dié versoek dat 'n bedrag geld aan die Italiaanse De Lucas-gesin betaal word. Haar oupa het gedurende die Tweede Wêreldoorlog in Italië geveg en is daar gewond. Presies wat tussen haar oupa en die De Lucasgesin gebeur het, is nie duidelik nie, maar dit stuur Lizette op 'n speurtog na Italië. Hier onthul die geskiedenis van oupa Isak se verbintenis met Isabella De Lucas sigself soos 'n skildery, laag-op-laag en ontroerend mooi. In Italië, aan huis van haar galante gasheer, die kunsprofessor en kunstenaar Alphonso Lombardi, leer Lizette die ware betekenis van la dolce vita ken. 'n Heerlike romantiese verhaal wat terselfdertyd 'n reis deur hedendaagse talië en dié van die Tweede Wêreldoorlog is. Dit is 'n ode aan Italië - die lewenswyse, die kos, die landskap, die kuns. Kuns, in al sy vertakkings, is 'n belangrike element in die verhaal. Lesers wat Marita van der Vyver se Grensgeval geniet het, sal van Stillewe hou.
Publikasiedatum: 2021-02-11

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.