●●● GRATIS KOERIER AFLEWERING OP BESTELLINGS BO R450 ●●●
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485312604

Fiksie: Poësie

Fiksie  -  Poësie
R 200
Toeganklike, klankryke, geslepe, fyn afgeronde verse van 'n woordsmid wat slim speel met klank, taal, beelde en verwagtinge. Op toeganklike, klankryke wyse ontgin Daniel Hugo verskillende temas - verblyf in die Lae lande, liefdesverhoudings, die seisoene, die natuur, die dood, die skryfproses, die taal waarin hy skryf, die pandemie wat ons tans ervaar, die rol van die digter - op speelse wyse en sonder om te skroom om met homself die draak te steek. Met enkele verbluffende vertalings van klassieke gedigte.

OOR DIE OUTEUR
Daniel Hugo (1955) het Afrikaanse en Nederlandse letterkunde studeer aan die universiteite Stellenbosch, Pretoria, Vrystaat en Leuven. In 1989 word 'n DLitt aan hom toegeken vir 'n proefskrif oor die vernufpoësie in Afrikaans. Hy was 'n literêre programmaker by die Afrikaanse radiodiens van die SAUK en is deesdae 'n voltydse vertaler en digter. Sy jongste digbundel, Openbare domein, het in 2018 verskyn. Hy het reeds meer as vyftig boeke uit Nederlands en Engels vertaal. Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns het hom twee keer bekroon vir sy vertalings uit Nederlands, naamlik vir Tom Lanoye se Sprakeloos en Stefan Hertmans se Oorlog en terpentyn.
Publikasiedatum: 2021-05-10

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.