●●● GRATIS aflewering op bestellings bo R500 in RSA ●●● AFSLAG SLEGS OP AANLYNBESTELLINGS ●●●
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

9

9780639606149

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 290
R 232Jy spaar R 58
'n Wit man soos Paul is so goed soos kroonwild ... In die vorige bedeling was Paul van Heerden se lewe een van gemak: groot huis in Pretoria se vooraanstaande woonbuurt, welvaart en voorspoed. Toe kom die opstande en die grondbesetting. Nou word die Volksrepubliek van Azanië deur Die Party regeer. Alle wit mense is Weskaap toe verban. Dié wat in Azanië wil werk, word toegelaat, maar word onderwerp aan dieselfde vernederende praktyke wat gedurende die Apartheidsjare beoefen is. Paul se vrou en kinders sit in 'n tentekamp in die Kaap, hy bly in 'n hostel en sukkel om sy werk te behou. Paul het egter 'n plan: hy begin met mampoer smokkel. Kort voor lank het hy 'n weldoener en sakevenoot in Thabo, mampoerstokers en verspreiders. Besigheid lóóp. Maar in Azanië wil elkeen sy deel hê en 'n wit man soos Paul is so goed soos kroonwild. Breytenbach handhaaf 'n goeie balans tussen goed en boos, en beeld met empatie uit hoe dit voel om sonder menswaardigheid behandel te word. Hy het bekendheid verwerf as spanningsverhaalskrywer. Hier word die spanning nie net deur uiterlike konflik opgebou nie, maar ook deur die herkenbaarheid van 'n toekoms waarin die onregte van rassehaat steeds hoogty vier. 'n Spekulatiewe roman wat op ysingwekkende wyse oortuig.
Publikasiedatum: 2021-02-25

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.