●●● GRATIS aflewering op bestellings bo R500 in RSA ●●● AFSLAG SLEGS OP AANLYNBESTELLINGS ●●●
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780639606286

Fiksie: Poësie

Fiksie  -  Poësie
R 200
R 160Jy spaar R 40
Kosmos en komete is die debuutbundel van Instagram en Facebook digter, Kaalwoorde. Die sukses van dié jong digter op sosiale media word toegeskryf aan haar toeganklikheid. Sy verwys na haar gedigte as bepeinsings oor gevoelens en gebeure, aansporings om te droom, en gedagtes wat die leser los met positiwiteit. In hierdie bundel val die klem op reise deur verskillende landskappe - fisies sowel as emosioneel. Kaalwoorde se gedigte is romantiese mymeringe oor die skoonheid van eenvoudige dinge soos 'n veld vol kosmos, sowel as drome wat soos komete die ruimte ingestuur word. Kaalwoorde het byna 26 000 volgelinge op Instagram en 40 000 op Facebook, waarvan die reikwydte strek van jong volwassenes tot afgetrede lesers. Daar was reeds verskeie versoeke op sosiale media vir 'n digbundel; die gedigte is toeganklik en juis gemik op lesers wat nie tradisionele digbundels koop nie; dit herinner aan die werk van Rupi Kaur en Atticus.
Publikasiedatum: 2021-03-24

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.