●●● AFSLAG SLEGS OP AANLYNBESTELLINGS ●●●
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485904205

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 290
R 232Jy spaar R 58
Imelda Grys - sakevrou, kunskenner en miljoenêr - val na haar dood op die aand van 'n eksklusiewe Nuwejaarsete. Iemand het met haar stoelhysbak gepeuter, die hyser wat haar 24 meter en teen 'n helling van 33 grade tot by haar voordeur hoog teen die steiltes van een van Kaapstad se rykmansbuurte moes besorg.
Privaat speurder Vos moet die moordenaar vastrek. Sy en haar tweelingbroer, Deventer, was 'n gedugte span toe hulle destyds in die polisie was. Deventer verkies egter deesdae om gesond te eet en sy dae om te mediteer ... Maar sy suster weet wat hy na die ondersoek kan bring en watse knoppies om te druk.
Die moordenaar moes iemand in Imelda se binnekring gewees het, 'n gas dié aand toe sy vir oulaas met swier onthaal het. Was dit miskien een van haar twee kinders, Dennis en Sandra? Dennis se vrou, Fikile, of Sandra se metgesel, James? Wat het die Shanghaise sakevrou Jane Zhang aan tafel gemaak, en Jakkie Brits, die radiojoernalis? En hoe kom dit dat 'n ekskollega van Vos en Deventer, Bradley Moynahan, ook daar was? Die lys verdagtes is kort, maar met nog lewens in gevaar is Vos en Deventer se tyd selfs korter.
In die styl van geliefde moordstories soos Agatha Christie se boeke en 'n onlangse rolprent soos Knives Out.
Publikasiedatum: 2021-07-05

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.