●●● GRATIS aflewering op bestellings bo R500 in RSA ●●● AFSLAG SLEGS OP AANLYNBESTELLINGS ●●●
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780639602004

Nie-fiksie / Non-fiction: Misdaad / Crime

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Misdaad / Crime
R 295
R 236Jy spaar R 59
“Maar, Xander, wat het by die koshuis gebeur? Ons weet jy was by die koshuis. Wat het presies gebeur daar? Vertel vir my. Jy kan maar met my gesels, Xander… Praat met my, ou seun, moenie slaap nie. Wat het gebeur by die koshuis? Ek weet jy wil nie daaroor praat nie, maar jy moet. Wat het gebeur by die koshuis, Xander?”
En toe is dit asof die damwal meegee.
Die moord op twee pragmeisies in hul skoolkoskuis vroeg op 'n wintersoggend in 2018 het die hegte boeregemeenskap van Stella in Noordwes onherroeplik getraumatiseer. Die ysingwekkende feite van die saak het trouens die hele Suid-Afrika geruk. Xander Bylsma (19), 'n aantreklike boerseun van die omgewing, is aangekla van die wrede wurgmoorde op die sprankelende Sharnelle Hough en Marna Engelbrecht, 'n skrander donkerkop. Watter intriges het tot die moord gelei? En hoe leef die gesinne van drie belowende en geliefde jong mense met die gevolge van 'n grudaad in 'n gemeenskap van vervlegte lewens? Susan Cilliers, skrywer van die topverkoper Huis van Gruwels, skryf indringend oor die vrae wat ná die hofsaak onbeantwoord bly, oor lewens vernietig in hul fleur en oor die moontlikheid van berusting en vergifnis.
Publikasiedatum: 2021-05-25

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.