●●● AFSLAG SLEGS OP AANLYNBESTELLINGS ●●●
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

1

9780624092605

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 320
R 256Jy spaar R 64
Milla Roux is 'n veearts wat werk by 'n rehabilitasiesentrum vir sjimpansees in die DRK. Sy het as 't ware “gevlug” daarheen nadat haar man en seuntjie in Suid-Afrika rég langs haar doodgeskiet is tydens 'n mislukte motorkaping. Sy stort hart en siel in haar werk en probeer 'n werklike verskil maak jeens die voortbestaan van 'n spesie waarvan die getalle besig is om só drasties te krimp . . .
Maar spoedig begin die skermutselings tussen regeringstroepe en rebelle-organisasies van die hele Kongo 'n gevaargebied maak, en kort voor lank is ook die rehabilitasiesentrum in die kruisvuur vasgevang. Saam met drie klein sjimpansee-wesies slaan 'n gewonde Milla wéér op die vlug, vergesel van die enigmatiese Graham Saunders van die organisasie Dokters sonder grense, wat na die DRK gekom het om van sy éie problematiese verlede te probeer ontsnap . . .
Vlug is 'n boeiende roman, propvol spanning en intrige, asook die meesleurende karakterverhoudinge waarvoor Wilna Adriaanse so bekend is.
Publikasiedatum: 2021-10-28

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.