●●● AFSLAG SLEGS OP AANLYNBESTELLINGS ●●●
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485313083

Nie-fiksie / Non-fiction: Kuns & Argitektuur / Arts & Architecture

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Kuns & Argitektuur / Arts & Architecture
R 350
R 280Jy spaar R 70
Willem Pretorius is een van ons voorste skilders wat die Suid-Afrikaanse platteland vasvat met soortgelyke patos as Walter Meyer, aan wie alle skilders in hierdie genre hulde bring. Sy skilderye is amper foto-realisties maar inspireer tog ʼn sekere gevoel van nostalgie na ʼn verlore onskuld, na die sogenaamde goeie ou dae wat nie vir almal goed was nie. Daar is ook ʼn afstandelikheid, ʼn gebrek aan kommentaar: Die landskap spreek vir homself.
Die boek bevat kleurafdrukke, professioneel gefotografeer, van sy 50 jongste werke, ʼn goeie mengsel van sy gebruiklike onderwerpe: huise, treine, versaakte swembaddens, landskappe, ou karre en gekrokte bakkies, plattelandse winkels, huise en dorpstonele, ensovoorts.
Elke skildery is begelei deur ʼn skryfsel van ʼn bekende skrywer, musikant, digter of skilder. Dis nie ʼn beskrywing of tegniese ontleding van die skildery nie, eerder vry assosiasie, ʼn kort kortverhaal, ʼn herinneringskets. Elk is ongeveer 500 woorde en beslaan dus nie meer as een bladsy nie; die bladsy langs die skildery wat dit geïnspireer het.
Oor die bydaers.
Mense wat deel is van die projek is sluit in glansganse soos Gert Vlok Nel, Deon Meyer, Marita van der Vyver, Angus Taylor, Johan Myburg, Toast Coetzer, Nathan Trantraal, Ronelda Kamfer, Deon Maas, Richard van der Westhuizen, Lochner de Kock, Coenie de Villiers, Rian van Heerden, Cas Wepener, Lien Botha. Andries Bezuidenhout het die voorwoord geskryf. Bydraes is in die vorm van gedigte, kortverhale, essays of beskrywings.
Publikasiedatum: 2022-01-14

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.