●●● GRATIS KOERIER AFLEWERING OP BESTELLINGS BO R500 ●●●
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776359745

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 290
Twee skote klap in die stil oggendure en Salemstraat sal nooit weer dieselfde wees nie.
Wanneer ʼn man doodgeskiet word deur sy vrou in hul pragtige huis in die noordelike voorstede, besef die bure dat hulle dalk nie die oënskynlike gelukkige paartjie langsaan baie goed geken het nie. Stories oor MJ en Emilee loop skielik die buurt vol, stories wat net so uiteenlopend is soos Salemstraat se inwoners. Almal, van die oud weermagman Stefaans tot die mooie Russiese Natasja, onthul 'n nuwe blik op die paartjie. Dit val grootliks op die skouers van dr. Ann, afgetrede psigiater, en Liz, die jong prokureur met 'n voorliefde vir hoëprofiel-egskeidings, om uit te vind watter stories waarheid inhou en wat blote bog is. Maar hoe dieper hulle grawe, hoe meer
geheime word verklap, en een ná die ander kom die middelklas geraamtes uit die instapkaste getuimel. Een ding is egter seker: Satan het nog altyd in die suburbs geskuil.

Met Salemstraat betree Erla Diedericks dieselfde styl van misdaad- en spanningsfiksie as skrywers soos Liane Moriarty, waar lesers sien wat in die binnekamers van die gegoede voorstede skuil. Die nimlike, eksentrieke kriminele psigiater Dr. Ann Marais, wat lesers bekoor het in Die bewonderaar, speel hier ook 'n beduidende rol. Salemstraat bied 'n heerlike raaisel vir lesers en tref 'n goeie balans tussen donker en lig, moord en humor, die alledaagse en die onderduims.
Publikasiedatum: 2023-05-30
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.

© All Rights Reserved 2023
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.