●●● GRATIS KOERIER AFLEWERING OP BESTELLINGS BO R500 ●●●
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780796322951

Nie-fiksie / Non-fiction: Geloof / Religion

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Geloof / Religion
R 280
Hoe kry kultusleiers 'n houvas op rasionele mense? En hoe behou hulle dit, dikwels met hartverskeurende gevolge?
Hoe weet 'n mens die groep of kerk waaraan jy behoort, is nie dalk 'n kultus nie? Kan ek 'per ongeluk' in 'n kultus beland?
Wat kan ek doen as 'n geliefde in een vasgevang is?

Jana Marx, bekende joernalis van Devilsdorp-faam beantwoord die vrae en meer in hierdie fassinerende blik op die binnewêreld van kultusse.
Sy het uitgebreide navorsing gedoen oor kultusse van antieke tye tot vandag, en in diepte met kundiges en gewese kultuslede gesels.

Onder die kultusse waarna sy kyk is Cecilia Steyn se Electus per Deus, die Israelvisie, die Suidlanders, KwaSizabantu, die Christ in Me Collective en die Jesus Dominion International-kerk in Suid-Afrika, sowel as van die mees opspraakwekkende internasionale kultusse.

Kultusse word in verskillende onderafdelings ingedeel: moord- en gedagtebeheerkultusse, korporatiewe kultusse, sekskultusse en politieke kultusse. Jana bekyk bekende plaaslike en internasionale kultusse binne elkeen van hierdie afdelings. Sy verwys ook na die BITE-model van Dr Steve Hassen sodat gewone mense kan uitwerk of geliefdes in 'n kultus vasgekeer is. Daar is 'n hoofstuk met riglyne oor wat om te doen as jou geliefde in 'n kultus is.
Jy kan alles oor kultusse wat jy nog altyd wou geweet het in hierdie boek vind.
Publikasiedatum: 2023-09-07
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.

© All Rights Reserved 2023
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.